Nuuskommentaar: Zuma se ‘derde termyn’, KPMG en die burgerlike samelewing

SunCity:

Pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die jongste verwikkelinge om KPMG laat die vraag ontstaan: “Hoe wyd loop die staatskaping in die land?” Sake moet uitgepluis word te midde van nog ’n beweerde ramp wat kan plaasvind – pres. Jacob Zuma het glo gedreig om hom in Desember vir nog ’n termyn as ANC-president verkiesbaar te stel – ’n aanduiding van hoe diep die president se werklikheidsvreemde opvattings strek.

In dié stadium is dit nog net ’n gerug dat pres. Jacob Zuma hom tydens sy party se Desember-verkiesingskonferensie as ANC-president herkiesbaar kan stel. Tog, met Zuma weet ’n mens nooit. Tot dusver het Zuma se selfbeeld selfs onder die felste kritiek nie ’n duik weg nie, en hy het onlangs selfs verklaar dat hy meen hy doen sy werk goed, en dat niemand vir hom sê waar hy foute sou maak nie.

Nou (meen hy) kan hy glo die ANC weer verenig aangesien sy kandidaat-opvolgers klaarblyklik nie daartoe in staat is nie. Hoe Zuma by daard…

Read more
  • 0